Jaarboeke

Chemiese en mikrobiologiese aspekte van voedsel 451


 
Modulekode FPP 451
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Module-inhoud Chemiese aspekte: Die rol en samestelling van die basiese komponente van voedsel (water, koolhidrate, proteïne en lipiede). Die inhoud en voedingsrol van verskillende chemiese komponente van voedsel (minerale en vitamiene). Die beginsels en beheer van ensimatiese en nie-ensimatiese verbruining. Die samestelling en gebruik van ensieme in voedselprosessering. Mikrobiologiese aspekte: Inleiding tot mikro-organismes. Intrinsieke en ekstrinsieke faktore wat die groei en oorlewing van mikro-organismes beïnvloed. Belangrike mikrobiologiese groepe in voedsel. Mikrobiologiese bederf van voedsel. Bepaling van mikro-organismes en/of hul produkte in voedsel. Die preservering van voedsels. Mikrobiologiese indikators vir voedselveiligheid en kwaliteit. Voedselgedraagde siektes en vergiftiging. Die benutting van mikro-organismes.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Derdejaarstatus of TDH
Kontaktyd 2 lesings per week, 1 ppraktiese sessie per week
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Voedselwetenskap
Aanbiedingstydperk Semester 1 of Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences